

KINDERS SE GEDRAGSKODE

Die personeel van die skool fokus om die volgende beginsels te vestig by kleuters:
By ons skool:
- …… groet ons mekaar vriendelik en duidelik.
- …… kyk ons mekaar in die oë wanneer ons met mekaar praat.
- …… respekteer ons mekaar.
- …… gee ons om vir mekaar.
- …… leer ons tafelmaniere.
- …… pas ons, ons speelgoed, klaskamer en terrein op.
- …… respekteer ons die natuur en bewaar ons die omgewing.
- …… is ons dankbaar vir elke nuwe dag.
- ……. sê ons “dankie” en “asseblief”.
- ……. sê ons “ek is jammer” en “ek vergewe jou”.
- ……. mag ons sê hoe ons voel.
- ……. mag ons kwaad, hartseer en jaloers wees (emosies beleef).
- ……. leer ons van Jesus.
- ……. is ons gelukkig.
- ……. is ons gerat vir more.
- ……. praat ons die waarheid.
- ……. glo ons in onsself en in mekaar.
- ……. maak ons beurte.
- ……. is ons behulpsaam.
- ……. is ons uniek.





